Articles

Breeding Wrong

Hoe Vinnig kan ons Verkeerd Teel? - Neil Greggor

In 'n verslag geskryf deur Dr Tom Lawlor, Holstein Genootskap, VSA het die volgende na vore gekom.
Die volgende syfers is afkomstig uit Amerika.

As ‘n bul gebruik word op die Nasionale gemiddeld wat +1 teel op ‘n sekere eienskap sal die volgende
verbeteringe plaasvind:

Eienskappe Verbetering
Kruishoogte +8mm hoër
Kruishelling +6mm laer kruishelling
Kruisbreedte +3mm breër kruis
Agteruierhoogte +4mm hoër agteruier
Agteruier breedte +3mm breër
Ligament +2mm sterker ligament
Uierdiepte +6mm vlakker uiervloer
Speenlengte +2mm langer spene

‘n Voorbeeld wat ons kan gebruik is uier diepte:

As ‘n bul gebruik word wat -1.0 dieper uiers teel teen ‘n bul wat +1 vlakker uiers teel sal die verskil 12mm wees op uierdiepte.

Wat Dr Tom verder sê is dat ‘n bul met -0.05 sal beteken dat dit moontlik is om hierdie bul op 70% van die koei populasie te gebruik. 92% van hierdie dogters sal nog altyd vlakker uiers hê. Alhoewel, hy sê dat elke koei sterk en swakker punte sal hê en daarvolgens moet sy geteel word.

Dr Tom Lawlor sê verder dat telers moet teel vir die mees ekonomiese punte en dat bulle met negatiewe eienskappe nog altyd gebruik kan word maar net op die regte koei.

Weereens wil ek net uitwys hoe belangrik dit is om te klassifiseer. As ons sien hoe lank dit vat om ‘n eienskap te verbeter is daar nie tyd vir verkeerde besluite nie. Dit is noodsaaklik om altyd presies te weet wat gedoen moet word. In die vorige Joernaal het ek geskryf oor hoe telers klassifikasies kan gebruik om hierdie foute en sterk punte te identifiseer.

Paringsprogramme is ook beskikbaar deur talle KI maatskappye en deur ons, en dit is net een manier om te verseker dat foute uit geskakel kan word.

Om die meeste sukses te kan behaal gebruik bulle wat baie positief teel op die swak punte van die kudde en wat nog altyd die kudde se sterk punte behou of die eienskappe het wat u as teler vereis en pas dan die bul by die koei aan.

As ons verder kyk wat langslewendheid beïnvloed het Dr Kent A Weigel die volgende bevinding gemaak:

Die gemiddelde dae van produktiewe lewe word deur die volgende beïnvloed:

Liniêre Punte

Eienskappe 3 5 7 Produksie
Vooruieraanhegting Los 670 731 792 dae in produksie
Agteruierhoogte Laag 660 731 792 dae in produksie
Agteruierbreedte Smal 671 735 771 dae in produksie
Mediale Ligament Swak 652 719 746 dae in produksie
Uierdiepte Diep 617 695 781 dae in produksie
Speenplasing Wyd 689 737 741 dae in produksie
Speenlengte Kort 718 737 709 dae in produksie
Hoef Helling Laag 712 727 716 dae in produksie
Agterbene Sykant Regop 702 739 690 dae in produksie
Agterbene Agter Koeie hakkig 706 743 792 dae in produksie
Suiweleienskappe Grof 693 735 686 dae in produksie