Piet Nel Holstein veiling
Soutpan 27 Augustus 2009
Hierdie koei, Papiet 533, is vir die hoogste prys van R30 000-00 verkoop op die algehele uitverkoping van Piet Nel se Holstein kudde van Soutpan. Sy is ‘n Art-Acres Win 395 dogter, 7 maande dragtig van Blue Haven–Ltd Brick. Haar eerste laktasie het sy voltooi op 10 500 liter. Sy is gekoop deur Hennie en Gezina Gouws van Schweizer Renecke.
Al 93 koeie aangebied is verkoop vir ‘n gemiddelde prys van R9972-00. Die koeie vars in melk is verkoop vir R13 308-00, die koeie verder in laktasie of swaar dragtig vir R10 865-00 en die uitskot diere vir R6877-00 gemiddeld. 12 van die 14 dragtige verse is verkoop vir R10 325-00 gemiddeld, 30 van die 41 oop verse is verkoop vir R4963-00 gemiddeld en die suipkalwers vir R1000-00 gemiddeld.
Die veiling is gehou onder beskerming van SA Holstein en is hanteer deur Eco Afslaers van Bloemfontein.
