Home Page

 

Links

 

News

 

Contact Us

 
   
   
   
 
 

 

SALE RESULTS

_ _ _ _ _ _ _______________________

Return to previous page
 
Hotshot & Hotspot Holsteins Veilingsverslag (04/05/2011)
 
HOLSTEIN REKORDS VERPLETTER


Hotshot Goldwyn Gorgeous 6006

Tydens die algehele uitverkoping van Mnre. Hannes en Stompie Olivier van Hobhouse se Hotshot en Hotspot Holstein Stoeterye het hierdie koei, Hotshot Goldwyn Gorgeous 6006, die 2010 Nasionale Kampioen Koei, ‘n Braedale Goldwyn dogter, die kollig gesteel toe die bod op Mnr. Eddie du Plooy van die Boldwin Trust, van Bultfontein teen ‘n nuwe SA rekordprys van R155 000 toegeslaan is.


Hotspot Luna Lienie 5035 - ET

Du Plooy het ook R85 000 betaal vir die koei, Hotspot Luna Lienie 5035 – ET, ‘n Calbrett – IHH Champion-ET dogter, uit die bekende Luna koeifamilie, wat die Nasionale Jongkoei Kampioen was in 2008, die Vrystaat Interras Kampioen 2009 en Reserwe Kampioen Koei by die Royal skou 2009 en 2010.


Hotspot Luna Lienke 1009

‘n Nuwe SA Rekord prys van R76 000 is ook betaal vir ‘n ongedekte Holstein vers (14 maande oud) deur Econocom van Vereeniging. Sy is Hotspot Luna Lienke 1009, ‘n Picston Shottle – ET dogter uit Luna Lienie.

Die gemiddelde prys behaal vir die kudde, R22 743, was ook die hoogste ooit vir SA Hostein, onder wie se beskerming die veiling aangebied is. Gemiddelde pryse was soos volg: 41 koeie R25 387; 14 dragtige verse R25 615; 25 ongedekte verse R21 545; 5 verskalwers R11 100; 6 bulle R21 167 en 4 bul kalwers R6825. 11 Embrios is verkoop teen gemiddeld R4 225. Graad verse het R9 214 behaal.

Die veiling is aangebied deur Eco Afslaers, Bloemfontein. Gert Coetsee was die afslaer. 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


© 2010 - 2011 The SA Holstein Society    |    All rights reserved    |    Website Terms & Conditions    |    Website designed, hosted & maintained by 123 Internet